Gratis produkte is allerlei lusmakers of voorsmakies. Hierdie produkte is nie 'n REG nie - maar eerder 'n heerlike voorreg. Moet dus asb nie vir ons stink eposse stuur of naar kommentaar los of 1 sterre gee as die GRATIS produk jou nie aanstaan nie. Dit was verniet - beweeg net aan. Opboudende en sinvolle voorstelle en kritiek is natuurlik altyd welkom!
Hoe werk dit? Jy gaan deur die hele bestel proses, maar betaal niks nie. Maak seker jou epos adres is reg in die bestelling! (PS jou rekenaar sien nie 'n komma as 'n punt in jou epos nie!). Na die bestelling kan jy in jou inboks loer vir die skakel om die pdf af te laai. Kliek gerus daarop en stoor dit. Hierdie skakel is net vir 72 uur aktief. Epos ons gerus as jy vergeet het om af te laai, ons heraktiveer dit vir jou.
Ons vra mooi dat selfs ons GRATIS produkte nie direk aangestuur word nie. Daar is steeds kopiereg op en jy is deel van die probleem in ons land as jy enige iets met kopiereg aanstuur. Stuur gerus die skakel na ons winkel aan vir jou kollegas om ook in die produkte te kan deel.