Description
Ons wil jou nooi om ons in diepte opleiding rondom Assessering en rapporte beplanning by te woon.
Hier onder is die besprekingspunte wat gedek gaan word :
-
Hoe beplan jy jou assesserings?
-
Wat moet jy alles assesseer?
-
Hoe assesseer jy?
-
Waar kry mens die uitkomste wat geassesseer moet word?
-
Hoe stel ek my eie rapport op?
-
Hoe hou ek boek van die assesserings?
-
Wat is ‘n portefeulje?
-
Wat is ‘n leerderprofiel?
Hierdie opleiding word aangebied deur Yolandi en Sophie Breytenbach en neem die vorm aan van ‘n gesprek waar ons saam wroeg deur die antwoorde.
Ons wil jou nooi om die sessies by te woon. In persoon op die datum of via opname na afloop.
Wat sluit die opleiding in?
- Aanlyn deelname via Zoho Meeting (jy hoef niks af te laai nie – kyk sommer in jou webblaaier).
- Die video na afloop op www.juffrou.info (jy hoef dus glad nie die lewendige deel by te woon nie)
- Uitdrukbare leiding en saamleesgids
- ‘n Sertifikaat van bywoning
Vir watter ouderdomme is dit?
- Babas (geboorte tot 18 maande)
- Peuters (18 maande tot 3 jaar)
- Kleuters (3 tot 4 jaar)(ingesluit graad RR)
- Graad R
Kostes :
R120.00/ouderdomsgroep of R400.00 vir al 4 ouderdomme
Datums :
- Babas : reeds opgeneem en beskikbaar via video
- Peuters : reeds opgeneem en beskikbaar via video
- Kleuters : 2 November 08h00 tot 10h00
- Graad R : 2 November 11h00 tot 13h00
Reviews
There are no reviews yet.