Description
Ons klaskratte is ideaal vir die skooltjie wat glo in konkreet leer en daardie ekstra hupstoot benodig.
Julle gebruik steeds julle eie program (of ons program) – maar brei uit met die klasbokse.
Hierdie bokse bevat
- 5 bokse vir die kinders (sodat daar 5 kinders gelyktydig met een boks-aktiwiteit elk besig kan wees)
- 1 boks vir die opvoeder (wat ander apparaat as die kinders se bokse bevat)
- Handleiding met lesse en assesserings.
Alles is verpak in ‘n netjiese swart krat.
Fokus op die hele jaar se Huistaal en Wiskunde uitkomste.
Ons klaskratte is beskikbaar in Afrikaans en Engels.
Hoe wend jy hierdie kratte aan?
- Remediërend : Laat die assistent of student ‘n klein groepie kinders apart neem en deur die lesse werk.
- Fondasiewerk : Hierdie kratte fokus op die konkrete fondasie wat vasgelê word.
- Suiwer KABV : In hierdie kratte fokus die lesse op die suiwer beginsels soos in KABV (of die ELDAS) uiteengesit.
- Niks is bygevoeg nie.
- Dit skep ‘n duidelike beeld van waar die kind vashaak en waaraan gewerk moet word.
Sluit ook ‘n deurlopende assesseringslys in!
Reviews
There are no reviews yet.