Oasis Kurrikulum 3 tot 4 jaar Kleuters junior.

R500,00R1500,00

Description

Hierdie program fokus op ons 3 tot 4  jarige maats.  Hierdie maats is volgende jaar op pad na graad RR.  Hulle kan nou lekker praat en potjie afrigting is afgehandel (dankie tog!).

Die program :

  • Ons program fokus op die NCF ELDAS as fondasie.  Dít word gedoen sodat die kleuter  as ‘n holistiese persoon die nodige stimulasie en ontwikkeling ontvang op pad na die volgende jaar.
  • Die program strek oor 40 weke en is temagerig.  Alhoewel ons die KABV temas gebruik volg ons dit nie tot die letter nie.  Die temas in KABV volg onlogies op mekaar en is bloot te karig om ‘n deeglike voorkennis vas te lê.

Hoe is dit beskikbaar :

  • Ons stuur alles as uitgedrukte gebinde bundels.  Dis is volkleur gedruk en geringbind.
  • Geen pdf’s beskikbaar nie.

My pretboek :

  • Ons program sluit ‘n pret boek in.  LET WEL julle het geen werksboeke nodig saam met ons program nie.  Maar ons weet dat ouers vra vir werksboeke.  Moet asb nie ander verskaffers se werksboeke kombineer met ons program nie.
  • Die werksboeke in ons program word pretboeke genoem!  Alhoewel dit op papier is, word dit steeds informeel aangebied.
  • Hierdie boeke word per kind aangekoop.
  • Die rapporte word in die boekie ingebind.
  • Die hele pretboek dien as ‘n rapport aan die einde van die kwartaal wat huis toe gestuur word vir die ouer.  Dit dien as die portefeulje.
  • Ons laat geen fotostate toe op enige van ons materiaal nie.

Elke week in die program :

  • ‘n Tema vir elke week – volledig uitgewerk en ingedeel by elke dag van die week.
  • Tema woorde en prente – uitgedruk en gebind in jou boek.  Haal dit uit en lamineer en knip uit.
  • ‘n Rympie – uniek en oorspronklik en geskryf deur ons.
  • ‘n Informele wiskundeles per dag.
  • ‘n Informele taalles per dag.
  • Fokus op lewensvaardighede – kuns, musiek, beweging
  • Stories – informele stories om saam te lees
  • Deurlopende assesserings om weekliks te voltooi
  • ‘n Vryspel program

Die omgewing :

Die omgewing is baie belangrik as dit kom by die leerproses van die kind.  Deel van ons program is weeklikse idees hoe om die omgewing te skep.  Leerstasies binne en leerstasies buite.

Hoekom die Oasis program :

  • Die Oasis program word geskryf en saamgestel deur gekwalifiseerde kundiges met jarelange ervaring in die bedryf.
  • Die Oasis program is lesbeplanning.  Ons sê nie net wat julle moet bereik nie, maar ook hoe!  Ons sê nie net tel tot by 10 nie, ons beskryf ‘n hele unieke les om aan te bied.
  • Die Oasis program word jaarliks hersien om die nuutste in internasionale navorsing te weespieël.
  • Die Oasis program se inhoud is altyd konkreet en gefokus op die kind.

Die Oasis standaard :

  • Alhoewel ons die NCF (ELDAS)  gebruik as ons fondasie – is Oasis van mening dat ons nie slegs op hierdie minimum standaarde kan fokus nie.    Daarom maak ons seker dat ons ook in lyn met Britse sowel as Amerikaanse standaarde is.
  • Ons program is ‘n verrykte program.
  • Neem kennis dat ons steeds informeel en konkreet werk.  Ons gee geen van ons beginsels prys nie, juis nie!  Ons streef eerder na hoër standaarde as net die minimum.

Opvoedkundige beginsels : 

  • Ons is opgewonde oor die eeu oue opvoedkundige waardes, maar ook oor nuwe dinge en nuwe maniere!  Vir hierdie rede is ons didaktiek nie gebasseer op net 1 manier van dink nie.
  • Ons is opgewonde oor Piaget, Maria Montessori, Reggio Emilia Benadering,  Lev Vygitski.  Maar ook oor Dr Caroline Leaf, Prof Carla Hannaford en Prof David Gallahue.
  • Hierdie beginsels word nie net lukraak toegepas nie, maar aangepas om by ons unieke Suid-Afrikaanse omgewing in te pas.
  • Oasis is ‘n leefwyse!

Die Oasis belofte :

Die Oasis pogram belowe om leer weer lekker te maak.  Weg is die frustrasie van werkskaart of werkskaart.  Weg is die druk wat ons op ons kinders plaas.   By ons fokus ons op die kind en nie op die kurrikulum nie!

Additional information

Weight 1,75 kg
Dimensions 42 × 32 × 6 cm
Taal

,

Tydperk verlang

Die hele jaar, Kwartaal 1, Kwartaal 2, Kwartaal 3, Kwartaal 4

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.