Description
Die Robotika en Kodering kurrikulum beleid is finaal beskikbaar gestel.
Op grond van hierdie dokument het ons ‘n program vir jou saamgestel.
Ons weet egter dat tyd beperk is in die klaskamer, daarom bevat hierdie program ook die apparaat en speletjies wat nodig is om die volledige program uit te voer.
Hoekom die naam 1,2,3 Kodeer :
Met ons program is dit so maklik soos 1, 2, 3.
Ons weet
- jy is besig
- jou tyd is beperk
- jy is kapabel om dit self te doen
Ons weet egter ook hoe baie hooi reeds op jou vurk is.
Daarom maak ons dit vir jou so maklik soos 1, 2, 3.
Ons het JOU in gedagte.
Die fondasie van die program :
- Ons gebruik die Robotika en Kodering kurrikulum assesseringsbeleid as fondasie, maar gebruik ook NAEYC (National Association for the Education of Young Children) in Amerika se beginsels.
- Hierdie program fokus op die “unplugged” gedeelte van die program.
- Let wel: Ons bied ál die beginsels en uitkomste aan as konkreet. Die hele program is spelgerig en fokus op probleem-oplossing en denkvaardighede.
- Ons maak voorstelle vir goedkoop aanwending van rekenaar- en selfoon-tegnologie.
Vir wie is hierdie program :
- Die kleuterskool wat hulle eie robotika en kodering klasse wil aanbied vir die kinders.
- Die ouer by die huis.
- ‘n Individu wat robotika en kodering klassies by kleuterskole in hulle omgewing wil gaan aanbied.
- Geskik om aan te bied vir ouderdomme 2 tot 4 jaar OF 4 tot 6 jaar. Kies jou ouderdomsgroep met aankope.
Akkreditasie :
- SACE geakkrediteer
- NAEYC geaffilieer
- Die personeellid wat die opleiding deurloop wat by die prys ingesluit is ontvang ‘n sertifikaat van akkreditasie om die program aan te bied in die sentrum.
Wat sluit die pakket in :
- ‘n 40 weke lesprogram met lesse wat 1 uur per week duur
- Kwartaallikse assesserings
- ‘n Sertifikaat wat aan die einde van die jaar vir elke kind gegee word (jy kry 1 jaar toegang om self kopieë te kan uitdruk). Na die jaar word toegang hernu teen ‘n minimale administratiewe bedrag.
- ‘n Werksboek per kind (druk dit self uit). Saam met die pakket is 1 jaar toegang, wat teen ‘n minimale admin fooi hernu word vir die volgende jaar.
- Duidelik gemerkte speletjies (netjies gelamineer) wat deel uitmaak van die lesse.
Hoe werk die program :
- Die lesse word as klein groepies aangebied. In elke uur (per week) is daar 4 lessies en 1 werkskaart wat deurgewerk moet word. Die kinders werk in groepies van 2 saam, soms alleen en soms in groepies van 4.
- Die apparaat is in die krat verpak om voorsiening vir hierdie kleingroep werkswyse te maak.
- Daar is stories en rympies wat deel van die lesse is.
- Die uiteensetting van die werkswyse is deel van die beplanning en is as opleiding beskikbaar.
Hoe ontvang jy die pakket :
- Alle materiaal is reeds gedruk en gebind (om ons kopiereg te beskerm). Handleidings kan vervang word indien die volledige pakket reeds aangekoop is. Onthou – werksboeke druk jy self uit.
- Die sertifikate en werkboeke is aanlyn beskikbaar en kan uitgedruk word, maar nie afgelaai word nie.
- Die speletjies kom in ‘n stewige krat. Haal die krat uit elke week, lees deur die lesse en laat waai!
- So maklik soos 1, 2, 3.
Die kostes :
- Aanvanklike koste uitleg is R3500.00 x 2 (Ons deel dit op in 2 dele sodat skole kan begin sonder té hoë uitset koste.) Met betaling van die eerste deel ontvang die skool Kwartaal 1 en 2 se program en krat. Die volgende R3500 verseker kwartaal 3 en 4 se program en krat.
- Om jou pakket nuut en uniek te hou stel ons deurlopend speletjies vry wat ekstra aangekoop kan word. Dit word by jou pakket gevoeg OF jy kan ou speletjies uithaal en vervang.
- Jaarlikse fooi van R500.00 om jou werkboeke en sertifikate te hernu. Die werksboeke word ook jaarliks bygewerk.
Reviews
There are no reviews yet.