Ons wil jou uitnooi om ons splinternuwe REEKS werkswinkels by te woon. Bywoning kan fisies (slegs in Pretoria) wees of aanlyn. Deelnemers kan die lewendige uitsending op die dag via zoom kyk OF hulle kan agterna toegang kry via ons leerportaal.
Ons het altesaam 5 werkswinkels in die reeks. (Onthou jy kry afslag indien jy vir al 5 bespreek op een slag.)
1. AANLYN beskikbaar : Die tema en roetine periodes in my klas. Ons gee raad en idees, ons gaan 'n hele paar temas demonstreer en jy ontvang 'n nuttige handleiding wat die tema in konteks aanspreek. Boonop gee ons vir jou 'n handige afmerklys om seker te maak julle skool se toilette is in orde.
2. AANLYN beskikbaar : Kreatiewe aktiwiteite. Hoe bied ek dit aan? Hoe keer ek dat ons produkte maak? Ons gee hope idees en raad wat fokus op die belangrike deel van jou dag EN jy ontvang 'n handige boekie wat al die apparaat wat jy kan versamel en inspan lys.
3. AANLYN beskikbaar : Wiskunde vir wenners. Hope idees om wiskunde konkreet en kinesteties aan te bied. Ontvang 'n boekie vol leerstasie idees en wiskunde lesse.
4. AANLYN beskikbaar : Taal is nie net op papier nie. Konkrete en kinestetiese idees vir taal aanbieding. Hierdie boekie is vol idees vir taal aanbieding in jou klas of by die huis.
5. Lewendig 29 Mei 2021 : Ek leer as ek beweeg. Bewegingslesse! 'n Hele oggend vol demonstrasies met heerlike apparaat wat jy self kan maak of maklik kan bekom.
Alle werkswinkels sluit sertifikate in.
Die werkswinkels begin almal om 08h30 en sal om 12h30 afgehandel wees. Koffie, tee en 'n broodjie is ingesluit vir fisiese deelnemers.
Streng Covid-19 protokol geld. Slegs 25 fisiese deelnemers per werkswinkel toegelaat.