Om vir jou klas te bestel, kliek eerder hier
Hierdie pakket is ‘n MOET hê vir elke 4 tot 6 jarige kind in die land, dalk selfs in die wêreld! In 100 aktiwiteite (almal uitgedink deur gekwalifiseerde onderwyseresse) begelei ons jou en jou kind op julle pad na skoolgereedheid.
Die fokus van hierdie pakket is op taal en wiskunde, tesame daarmee word aan perseptuele ontwikkeling aandag gegee. Hierdie pakket fokus nie op groot motoriese uitkomste nie.
Hierdie pakket sluit die volgende in :
Ekstra alfabet letters en syfers is aanlyn beskikbaar om self meer te kan uitdruk indien julle dit sou benodig. Daar is ook ekstra sigwoorde en patroonkaarte aanlyn.
Boonop is daar ‘n lekker uitdrukbare diere legkaart aanlyn wat julle kan inspan terwyl julle leer.
Daar waar jy dalk ‘n kleur van ‘n pennetjie of stokkie kort kan dit sommer maklik by jou supermark aangevul word.
Vir 'n volledige artikel oor hierdie boks, wat ook aktiwiteite vir jou wys, kliek hier.
Hierdie video wys ook vir jou meer van die boks se inhoud: