Wil jy graag ons werkstasies gebruik, maar is nie seker hoe om dit met jou apparaat te doen nie?
Sukkel jy met internet of hou jy nie van zoom nie?
Wil jy jou eie kind graag help, maar is nie seker waar om te begin nie?
Wil jy graag idees en apparaat vir jou klas hê?
Dan is hierdie werkswinkel vir jou!
Ons stuur vir jou via postnet, paxi of koerier die volgende :
Werkswinkels opgedeel in die volgende groepe (aparte werkswinkels vir elke groep)
1 tot 2.5 jaar
2.5 tot 4 jaar
4 jaar tot 6 jaar
Graad 1
Graad 2 en graad 3
Koste beloop R1300/werkswinkel. (Indien meer as een ouderdomsgroep bespreek word is daar R300 afslag vir elke daaropvolgende ouderdom.)