Uniek, prettig en opvoedkundig!
Ons kinders moet in die skool so deur werk jaag dat die pret en die in diepte leer van 'n onderwerp agterweë gelaat word. Boonop word daar so baie op boekwerk gefokus dat die in konteks konkreet werk verlore gaan.
Vir ons tuisonderrig maats is hierdie bokse ideaal om as leereenheid in te span.
Elke boks spreek die volgende vakgebiede aan :
1. Taal en taalontwikkeling
2. Wiskunde en getalbegrip
3. Geskiedenis
4. Geografie
5. Wetenskap
6. Biologie
7. Algemen kennis en lewensvaardighede
8. 'n Bybelstorie
Die apparaat in die boks :
Elke boks bevat uitgesoekte apparaat wat by die tema pas. In die kleredrag boks kan jy uitsien na die volgende :
Die ouderdomme :
Die boks bevat 'n standaard reeks apparaat. Die boekie met die lesse en inligting verskil egter per ouderdom. Bêre dus jou apparaat mooi en skaf net elke keer die nuwe boekie aan! Vul jou apparaat aan met julle eie idees soos wat julle dit teëkom om dit elke jaar weer te kan aanbied.
Die boekie fokus op die volgende :
1. 'n Kort uitgewerkte tema aanbieding
2. 'n Rympie
3. Taallesse
4. Wiskunde lesse
5. Wetenskap, geografie, biologie en geskiedenis lesse.
6. Kreatiewe idees
7. 'n Bybelstorie
Skaf nou jou eerste boks in hierdie wonderlike reeks aan.
Daar is slegs 30 bokse beskikbaar. Die volgende boks in die reeks handel oor Bye.