Ouderdom kind :
Hierdie program fokus op die volgende ouderdomme :
Ons gebruik die nasionale kurrikulum standaard (CAPS) as fondasie. Maar ons inhoud is verryk en strek baie verder as net die minimum standaard.
Die beginsel in die hele aanvangsfase sowel as voorskoolse jare is konkrete leer en belewing. Waar die kind nie net bloot as toeskouer informasie moet absorbeer nie, maar dat die kind as aktiewe deelnemer hulle eie leer wêreld beleef en bemeester.
Hierdie beginsel van die skep van 'n sinvolle leer omgewing word regdeur ons inhoud gevolg.
Graad 1 en 2 : min of meer 3 tot 4 ure per dag.
Aan die einde van die kwartaal is daar 'n rapport.
1. Tema besprekings
Wat is tipies die apparaat wat in die boks kom wat die leermateriaal vergesel?
Wat stuur julle als vir my?
Ek het meer as een kind - moet ek regtig vir elkeen 'n vol pakket aanskaf?
Daar is R500.00 afslag per pakket vir twee of meer pakkette. Jy kan ook vir jou ouer kind 'n vol pakket aanskaf en vir jou jonger kind(ers) dalk net een van ons bokse.
Die boks op sy eie (veral vir die jongeres) sal genoeg wees om al die CAPS uitkomste te behaal vir die jaar. Onthou egter dat jy net aktiwiteite saam met ons standaard bokse ontvang, nie die leerprogram ook nie.
Mag ek my kind tuis leer?
Graad 1 en 2 is skoolpligtig en jou kind moet ingevolge die skolewet by die Departement Basiese Onderwys geregistreer word as tuisskoler. Kontak gerus ons kantoor vir hulp met die registrasie.
Sal my kind kan teruggaan skool toe?
Ja, ons inhoud is op standaard. Die assesserings is standaard en die portefeulje wat jy opbou ook. Gaan hê vroegtydig 'n gesprek met die skoolhoof van die skool wat julle oorweeg vir Graad 1 (of ouer) om seker te maak julle is op dieselfde bladsy.
Het julle meer info oor hierdie produk?