Ons kinders kan nie meer lees nie. Hulle kan die woorde klank, hulle kan die sin uit hulle kop onthou, maar begrip is daar min. Hoekom sukkel hulle so? Hoekom val die wiele so af in graad 3 en 4? En kan ons iets daaraan doen?
Hierdie swaargewig kursus strek oor 4 weke (al 4 weke word as lewendige webinars uitgesaai en jy kan inskakel!). Indien jy nie die lewendige uitsending kan bywoon nie, sal al die videos ook na afloop beskikbaar wees vir nóg 6 maande om na te kyk.
Ingesluit is 'n volledige handleiding met die teoretiese agtergrond sowel as lesse om in klasverband of by die huis te gebruik. Sowel as die apparaat benodig om die aan te bied! (Die apparaat is genoeg vir 1 kind, maar kan deur die onderwyser uitgebrei word waar nodig.)
Ons koerier die handleiding en apparaat vir jou.
Op watter ouderdom kind fokus ons?
In hierdie kursus gaan ons nie praat van grade nie, eerder van die kind se lees en verstaan vermoë. Ons fokus op die kind wat nog niks van klanke af weet nie, tot by die kind wat kan lees, maar dit sonder begrip doen.
Wat is die onderwerpe wat aangespreek gaan word?
Belangrike vrywaring!!!
Ons glo nie aan resepte en leer jou kind lees in 20 lesse ideologieë nie. Ons glo in pad stap, in fondasie bou, in konkreet die kind begelei tot by leesgereedheid. As jy op soek is na 'n kitsresep is hierdie kursus nie vir jou nie.
Datums :
Ons loots die kursus op 8 Junie. Bespreek VOOR 31 Mei en kwalifiseer vir ons EARLY BIRD SPECIAL van R1300. Vanaf 1 Junie beloop die koste R1800.
Die datums vir die uitsendings is as volg (onthou jy hoef nie in te skakel nie, jy kan wag vir die videos op die portaal). Onthou ook die videos gaan nie op die portaal wees voor die datum wat die lewendige sessie was nie :
Sessie 1 : 8 Junie (09h00 tot 13h00)
Sessie 2 : 15 Junie (09h00 tot 13h00)
Sessie 3 : 6 Julie (09h00 tot 13h00)
Sessie 4 : 13 Julie (09h00 tot 13h00)