Fisiese produkte (veral bokse) neem 10 werksdae om te lewer (> 3 bokse langer). Ons doen als self! BELANGRIK : Vanaf 5 Desember 2023 sal ons bestellings wat koerierdienste verg, eers vroeg Jan. 2024 versend.
In hierdie pakket is daar 3 pdf dokumente met allerlei lego patroonkaarte. Dit begin by maklike patrone en vorder tot by die moeilikste.
Druk self die pdf uit.
NOTA : Ons doen 'n beroep op elkeen om nie die pdf dokumente te deel of aan te stuur nie. Uitdrukke is bedoel vir jou eie huis en klas. Help ons om die produkte bekostigbaar te hou deur eerder kollegas te verwys as om inhoud te deel.