Skaf hier ons 3 tot 4 jaar spogboeke (werksboeke) aan.
Let wel! Die werksboeke loop saam met ons kurrikulum en is sinneloos op hulle eie.
Kyk hier onder by “You may also like” vir ons kurrikulum programme.
Geen kopieë word toegelaat nie.
Werksboeke word in volkleur uitgedruk, geringbind en per koerier aan u gestuur.
Die werksboek dien as die kind se portefeulje en aan die einde van elke kwartaal is die rapport reeds in die werksboek ingebind.
Die jaar se werksboeke behels die volgende :
4x werksboeke met rapporte (1 per kwartaal)
Terugbetalings, kopiereg:
Ons kan ongelukkig nie geld teruggee na u pakkie versend is nie aangesien al die materiaal gedruk en gebind word (ons dra nie gewoonlik voorraad hiervan nie). Maak dus seker u werk deur ons gratis voorbeelde).
Daar is kopiereg op alle materiaal – ons behou die reg voor om u nie verder te verskaf as u ongemagtigde kopieë van ons materiaal maak, of op ongemagtigde wyse gebruik maak van ons logo.
Fisiese produkte (veral bokse) neem 10 werksdae om te lewer (> 3 bokse langer). Ons doen als self! BELANGRIK : Vanaf 5 Desember 2023 sal ons bestellings wat koerierdienste verg, eers vroeg Jan. 2024 versend.