Fisiese produkte (veral bokse) neem 10 werksdae om te lewer (> 3 bokse langer). Ons doen als self! BELANGRIK : Vanaf 5 Desember 2023 sal ons bestellings wat koerierdienste verg, eers vroeg Jan. 2024 versend.
Remediërende taalboks :
Vir wie is hierdie boks bedoel?
Hierdie boks se inhoud fokus op die Graad 1 taal uitkomste, maar is ideaal vir jou Graad R wat kans sien vir ‘n uitdaging.
Die boks is ook perfek vir remidiërende werk saam jou graad 1 en 2 kind. Is jou kind 'n tweede taal spreker? Dan is die boks ideaal!
Hou die boks byderhand wanneer huiswerk gedoen word vir ‘n konkrete belewing van die abstrakte papierwerk.
Waarop fokus die boks?
Hierdie boks fokus slegs op taal (geletterheid) en het nie enige gesyferdheid (Wiskunde) aktiwiteite in nie.
Ingesluit is 'n volledige letter pakket (die nie die Lekker Letters nie). Hierdie letters fokus op die informele belewing van foneme en klanke.