Fisiese produkte (veral bokse) neem 10 werksdae om te lewer (> 3 bokse langer). Ons doen als self! BELANGRIK : Vanaf 5 Desember 2023 sal ons bestellings wat koerierdienste verg, eers vroeg Jan. 2024 versend.
Wat behels hierdie boks?
50 wiskunde speletjies vir maats 4 jaar tot graad 1.
Die fokus is op getalbegrip, opeenvolging, storiesomme, maak meer en minder. Alles is konkreet!
Die boks fokus op algemene wiskundige vaardighede en akwiteite word moeiliker gemaak na gelang van die kind se vlak van ontwikkeling.
Die boks sluit al die apparaat in wat jy benodig vir hierdie boks. Ons sluit ook 'n boekie in wat al die aktiwiteite verduidelik en jou stap vir stap help met die aanbied daarvan. Daar is boonop 'n werksboekie wat die kind saam die aktiwiteite kan aanpak!