Fisiese produkte (veral bokse) neem 10 werksdae om te lewer (> 3 bokse langer). Ons doen als self!
Wil jy graag ons unieke aktiwiteite in jou klas gebruik? Ons het nou ons temas beskikbaar.
Elke boekie sluit die volgende in :
1. Uitgewerkte tema
2. Tema woorde en prente
3. Weeklikse beplanning (sluit lesse in vir register neem , die weer, wiskunde, taal, kreatief, lewensvaardigheid)
4. Weeklikse assessering
5. Werksboekie wat saam die week gebruik kan word.
Hierdie boekies word gedruk en gebind versend (onthou posgeld van R100 vir PAXI of POSTNET gaan by jou pakkie se prys gevoeg word.)
Ons druk in kleur en ringbind dit vir jou gerief.
Loer gerus na ons lys temas gelys.
Hierdie temas is geskik vir ouderdom 4 jaar tot 6 jaar (Graad RR tot graad R) en is CAPS belyn. Saamgestel deur Graad R sonder werkskaarte.