Alhoewel graad 1 die jaar is waar ons klein mensies leer lees en skryf is dit steeds nie die tyd om oor te skakel na formele leer nie. Hulle moet nog met hulle lyfies leer, hulle moet nog speel, verken, kreatief wees, taal ontwikkel deur stories en drome ... kind wees!
Ons program sorg vir pret wat lei tot leer. Met ons hele lyf beleef ons die wêreld om ons. En mamma speel saam! Die program maak voorsiening vir groep aktiwiteite ook (veral waar julle dalk saam ander wil werk) - maar dit kan maklik aangepas word vir julle by die huis alleen.
Wat maak ons anders?
Vir wie is die program?
Die graad 1 program fokus op ons mammas by die huis. Alles word uitgedruk, gebind en via koerier versend. Onthou dat hierdie program so saamgestel is dat daar steeds groepwerk is. Meeste ouers het meer as 1 kind of groepies werk saam in 'n klein gemeenskap. Indien jy slegs met jou 1 kind gaan werk is die program steeds vir jou!
Die program is in lyn met die skole se graad 1 programme - maar voldoen nie net aan die minimum standaarde (soos meeste skole nie). Hierdie is 'n verrykte program. Ons het standaarde vergelyk met die Britse sowel as die Finse stelsels en bygewerk waar CAPS te karig is.
Tot wat moet ek toegang hê?
Wat kry jy alles?
Metodiek :
Ons program berus op leer deur speel. Daar is dus geen inkleurwerk en onnodige boekwerk in die program nie. Daar is wel baie pret en ons wys jou die waarde wat die aktiwiteite het!
Vir wie is hierdie program bedoel?
Kwartaalikse aankope :
Indien die program kwartaaliks gekoop word vergesel die volgende ekstras die program elke kwartaal :
Kwartaal 1 : Graad 1 in 'n boks
Kwartaal 2 : Tema pakket (gelamineerde temawoorde en prente vir die hele jaar)
Kwartaal 3 : Letter pakket (volledige letter program vir die hele jaar)
Kwartaal 4 : Muurkaart pakket (gelamineerde pakket vir die mure en om in lesse te gebruik)
Al die bogenoemde is onmiddelik ingesluit indien jaarliks vooruit aangekoop word.
Indien die pakket kwartaaliks aangekoop word (of slegs 'n gedeelte van die jaar gedoen gaan word) moet die ouer oorweeg om die Graad 1 boks, Letter pakket en Muurkaart pakket losstaande aan te skaf. (Ons kantoor kan met inligting help.)(Sien heel onder aan die bladsy skakels na hierdie ekstra items.)