Description
Hierdie pakket is ‘n MOET hê vir elke 4 tot 5 jarige kind in die land, dalk selfs in die wêreld!
In 100 aktiwiteite (almal uitgedink deur gekwalifiseerde onderwyseresse) begelei ons jou en jou kind op julle pad na graad R.
Die fokus van hierdie pakket is op
- Wiskunde
- vorms en kleure
- perseptuele ontwikkeling
Hierdie pakket fokus nie op groot motoriese uitkomste nie.
Wat is die voordele verbonde aan die pakket?
Hierdie pakket kan maklik na-skool ingespan word as verrykende werk, maar is volledig genoeg om saam met ‘n tuisprogram ingespan te word ook.
Hierdie pakket fokus op die volgende vaardighede :
- gebasseer op internasionale standaarde
- vorm herkenning
- patroon uitbreiding
- getalbegrip
- taalontwikkeling
- kleur herkenning
- visuele vaardighede
- ouditiewe vaardighede
Hierdie boks is in beide ENGELS en AFRIKAANS beskikbaar.
(Hierdie Boks is ook vir jou klas beskikbaar – kyk hier onder vir ons Klaskratte).










Reviews
There are no reviews yet.