F.A.Q.
Hier is ‘n paar algemene vrae oor die Oasis Winkel.
Hoe om te begin en iets te bestel
Het ek 'n profiel nodig om iets te koop?
Nee – jy kan as ‘n gas aankope maak. Daar is egter die opsie om tydens betaling vir jou bestelling ‘n profiel te skep (of om in te teken, as jy reeds een het).
Watter produkte of dienste is op hierdie winkel?
Ons fokus is op kleinkinder-onderrig (0 tot 9 jr. oud). Daar word voorsiening gemaak vir kleuterskole, speel-groepies, laerskole en kinders wat tuis leer.
Rondom leer-materiaal bied ons die Oasis Kurrikulum, met werksboeke, sowel as die Tuisprogram.
Dan is daar ons volledige reeks Bokse en Klaskratte, beskikbaar vanaf Babas tot Graad 3.
Ons het ook klashulpmiddels en hulpmiddels vir tuisleerders. Spesifiek vir Graad R en Een is daar ‘n volledige Robotika en Kodering program (met apparaat).
Indiensopleiding oor onderwerpe soos Boeliegedrag, “Kleuterskool in my sitkamer”, die immergewilde “Graad R sonder Werkskaarte”, die BELA wet en vele meer is ook beskikbaar.
Hoe vind ek iets in die winkel?
Op die “Winkel” bladsy vind u al ons produkte en dienste, gelys per kategorie.
Dan, op enige bladsy, regs bo, is ‘n vergrootglas prentjie – kliek daar en tik u soek-term in en druk “enter”.
Die soek resultate sal dan verskyn.
As u iets soek wat ons nie daar lys nie, kontak ons gerus en ons kyk wat ons kan doen.
Wat moet ek in gedagte hou as ek bestel?
Ons verwerk self u bestelling.
Dit beteken dat, vandat ons volle betaling ontvang, ons tussen 5 en 10 werksdae benodig om u bestelling gereed te kry vir die koerier.
U bestelling kry dus persoonlike aandag – ons maak seker als is in orde voordat ons enigiets stuur.
In piektye (tipies jaareinde, sowel as aan die einde van elke kwartaal), is ons druk besig. Items wat u dus graag voor kwartaal-einde of jaar-einde wil ontvang, moet liefs ongeveer drie weke voor daardie tyd bestel en betaal word.
Hoe kan ek hulp kry as ek vrae het of as ek vashaak êrens?
As u op die winkel se webblad land, is daar, regs onder, ‘n kletsfassiliteit.
Gesels met ons daar – laat u e-posadres as dit na-ure is. Ons antwoord spoedig!
Kyk ook gerus op die kontak-blad vir ander maniere om met ons te gesels.
Hoe om vir iets te betaal
Wat is my betaal-opsies?
EFT (hand-transaksie)
Doen u betaling direk in ons bank-rekening per EFT.
As verwysing, gebruik of u bestelnommer, of u e-posadres/selfoonnommer (soos deur u verskaf tydens bestelling).
Sodra u die bestelling plaas, sal die stelsel vir u ‘n e-pos as bevestiging stuur. Kyk dan in die lyf van daardie e-pos vir ons bankrekening details.
Paystack – aanlyn betaal-opsie
Betaal gerieflik per kits-EFT, asook debiet- of kredietkaart met Paystack.
Let wel – die stelsel sal u na Paystack se beveiligde betaalblad neem vir betaling finaliseer.Â
Kan ek eers net 'n kwotasie kry?
Ja, beslis.
Handig as ‘n mens begroot vir die nuwe jaar of kwartaal.
Dis ook ‘n manier hoe u namens u skool pryse kry voordat daar bestel word.
Sit al die items en hoeveelhede in u mandjie, net soos gewoonlik.
Kies “Slegs kwotasie” as betaalmetode.
Voltooi u “bestelling” soos gewoonlik.
Die stelsel sal vir u ‘n e-pos stuur met ‘n volledige kwotasie.
Hoe bestel ek namens my skool, of reël ek dat iemand anders my pakkie in ontvangs neem?
Gewoonlik wil mens, as jy self bestel, maar die skool betaal, eers ‘n faktuur in die skool se naam hê.
Kyk dus, tydens die betaalproses, vir “Use same address for billing“.
Kies ook die “EFT (hand-transaksie)” betaalwyse, sodat die skool later dan namens u kan betaal.
Haal die regmerkie uit die blokkie daar, dan sal die stelsel vir u ‘n opsie gee om die skool se gegewens te voltooi by “Billing address”.
Die persoon wat die pakkie moet in ontvangs neem, se gegewens (en aflewer-adres) kom dan by “Shipping address”.
Dikwels sal mense, veral as hulle in, byvoorbeeld, Namibië bly, reël dat ander mense hul pakkie in ontvangs neem. Dan werk bostaande reëling ook goed.
Kan ek afbetaal?
 Ons kurrikulum en Tuisprogram kan kwartaalliks aangekoop word, in plaas van jaarliks. Dit werk effe duurder uit, maar beteken u kan oor ‘n langer tydperk begroot.
Gesels ook eers met ons vir aanbevelings voordat u bestel – ons gaan u heel moontlik geld kan spaar!
Neem ook kennis van ons leerhulpmiddels op afrikaans.com se webblad – met hulle komplimente is dit heeltemaal gratis! Vir meer info, gaan na
https://afrikaans.com/leerhulp/skoolgereedheid/
https://afrikaans.com/leerhulp/lesplanne-r-en-pre-r/
https://afrikaans.com/leerhulp/laerskool/ (Gr. 1 – 3 is deur ons verskaf)
Hoe werk aflewering?
Kan julle op 'n afgeleë plaas of klein dorpie ook aflewer?
Absoluut! Ons doen dit gereeld.
Tydens betaling kan jy jou adres so goed moontlik voltooi, maar, in die notas (kyk heel onder vir “Add a note to your order“) kan jy ook vir ons ‘n PIN/Google Maps skakel insit van julle plaashek of woonhuis/skool.
Laat weet ook in die notas watter koerier al suksesvol by julle afgelewer het – dit help ons baie!
Selfs al kan die koerier nie direk by julle lewer nie, het hulle almal depots, waar mens jou pakkie kan gaan afhaal.
Hierdie depots bly gewoonlik ook langer oop as die winkels op die dorp.
Lewer julle ook oorsee af, of in buurlande (bv. Namibië)?
Ons het nie ‘n invoer/uitvoer lisensie tans nie, maar ons werk daaraan.
Gewoonlik, vir buurlande soos Mosambiek/Botswana/Namibië, reël ons dat ons u pakkie na u eie kontak (bv. familie) in R.S.A. stuur. Ons kan min of meer enige plek binne die grens aflewer via ons koeriers.
Dan, sodra u kontak geleentheid na u toe kan kry, is u pakkie oppad!
Die pakkie is altyd goed verseël en beskermd, sodat dit u in goeie toestand bereik.
Oorsese mense – ons het heelwat aanlyn materiaal, wat in die plek van fisiese leer materiaal net so goed werk.
Daar is ook altyd ‘n aankoop-lys van ons kant af beskikbaar.
Sou u ons tuisprogram aanskaf, behoort u van daardie lys af meeste items in u land te koop kry.
DHL via Postnet is ook ‘n opsie (dis egter ‘n klein, duur pakkie….)
Van watter koeriers maak julle gebruik?
- The Courier Guy
- RAM
- Fastway
- Skynet
Hoe kies ek 'n koerier en die tipe aflewering?
In ons ervaring is “Standard” omtrent altyd net so vinnig soos “Express”, maar daar is uitsonderings.
Kies ‘n koerier wat u weet al suksesvol by u afgelewer het.
Neem egter kennis dat, al kies u Express, daar in die volgende tye gewoonlik oponthoude en skade weens laai, weer laai en oorlaai van u pakkie in koerier-voertuie is:
- Enige lang-naweek, spesifiek Paasfees
- Tydens Black Friday
- Enige tyd vanaf +- 15 Desember elke jaar
 Ons probeer dus om nooit pakkies uit te stuur op Vrydae nie, of in bogenoemde tye nie.
As u pakkie u in die vakansie gaan bereik – sit u huis-adres op by “Shipping address”, nie die skool s’n nie!
Hoe werk omruil of terugee?
Kan ek iets omruil?
Maak seker u lees sorgvuldig wat die beskrywing is van wat u bestel.
Spesifiek vir ons kurrikulums, tuisprogramme en werksboeke het ons ook gratis voorbeelde van alle ouderdomme en materiaal beskikbaar om vooraf seker te maak dat dit is wat u in gedagte het. Die verantwoordelikheid om dit behoorlik te bestudeer is op u.
As u steeds vrae het, vra ons gerus en maak seker u is tevrede teen die tyd wat u bestel.
Ons sal elke versoek vir omruil op meriete hanteer, maar gewoonlik laat ons dit nie toe nie. Sou ons dit toelaat, sal ons u ‘n hanteringsfooi vra van +- R250.00.
Kan ek iets teruggee en my geld ook terug kry?
Produkte: ons verwerk self u bestelling, wat beteken ons dra nie klaargemaakte voorraad nie.
U bestelling word spesiaal vir u aanmekaar gesit!
Maak dus seker u lees sorgvuldig wat die beskrywing is van wat u bestel.
Spesifiek vir ons kurrikulums, tuisprogramme en werksboeke het ons ook gratis voorbeelde van alle ouderdomme en materiaal beskikbaar om vooraf seker te maak dat dit is wat u in gedagte het. Die verantwoordelikheid om dit behoorlik te bestudeer is op u.
As u steeds vrae het, vra ons gerus en maak seker u is tevrede teen die tyd wat u bestel.
Sodra u pakkie opdaag, gee ons u 48 uur tyd om seker te maak die bestelling is korrek en volledig gelewer. Indien nie, kontak ons, dan sal ons enige foute aan ons kant regstel.
Dienste (aanlyn, tipies indiensopleiding kursusse): u het vir ‘n tydperk toegang, waarna dit verval en u sal weer moet bespreek en betaal daarvoor. Daar is ook duidelike beskrywings van ons aanlyn materiaal, dikwels met gratis materiaal om ‘n voorsmakie te kry.
Ons kan dus ongelukkig nie u geld vir u teruggee vir iets wat reeds korrek gelewer is nie.
Is julle meer as net ‘n winkel?
Ek het hulp en raad nodig voordat ek iets koop - hoe nou?
Maecenas eu placerat ante. Fusce ut neque justo, et aliquet enim. In hac habitasse platea dictumst. Nullam commodo neque erat, vitae facilisis erat. Cras at mauris ut tortor vestibulum fringilla vel sed metus. Donec interdum purus a justo feugiat rutrum. Sed ac neque ut neque dictum accumsan. Cras lacinia rutrum risus, id viverra metus dictum sit amet.
Fusce venenatis, urna eget cursus placerat, dui nisl fringilla purus, nec tincidunt sapien justo ut nisl. Curabitur lobortis semper neque et varius. Etiam eget lectus risus, a varius orci. Nam placerat mauris at dolor imperdiet at aliquet lectus ultricies.
Duis tincidunt mi at quam condimentum lobortis.
Wat van die toekoms - hoe help julle my volgende aankope beplan?

Kan my kind skool toe gaan, of terug gaan skool toe as ons julle kurrikulum gebruik?
Maecenas eu placerat ante. Fusce ut neque justo, et aliquet enim. In hac habitasse platea dictumst. Nullam commodo neque erat, vitae facilisis erat. Cras at mauris ut tortor vestibulum fringilla vel sed metus. Donec interdum purus a justo feugiat rutrum. Sed ac neque ut neque dictum accumsan. Cras lacinia rutrum risus, id viverra metus dictum sit amet.
Fusce venenatis, urna eget cursus placerat, dui nisl fringilla purus, nec tincidunt sapien justo ut nisl. Curabitur lobortis semper neque et varius. Etiam eget lectus risus, a varius orci. Nam placerat mauris at dolor imperdiet at aliquet lectus ultricies.
Duis tincidunt mi at quam condimentum lobortis.
Wie bedryf die Oasis Winkel?
Wie is die mense agter die Oasis Winkel?
Die Oasis Winkel is ‘n inisiatief van Oasis Club (Edms) Bpk. – ‘n klein, maar gefokusde familie-besigheid.
Vir details – gaan na die Meer oor ons” bladsy.
Hoe opvoedkundig korrek is julle produkte en dienste?
Maecenas eu placerat ante. Fusce ut neque justo, et aliquet enim. In hac habitasse platea dictumst. Nullam commodo neque erat, vitae facilisis erat. Cras at mauris ut tortor vestibulum fringilla vel sed metus. Donec interdum purus a justo feugiat rutrum. Sed ac neque ut neque dictum accumsan. Cras lacinia rutrum risus, id viverra metus dictum sit amet.
Fusce venenatis, urna eget cursus placerat, dui nisl fringilla purus, nec tincidunt sapien justo ut nisl. Curabitur lobortis semper neque et varius. Etiam eget lectus risus, a varius orci. Nam placerat mauris at dolor imperdiet at aliquet lectus ultricies.
Duis tincidunt mi at quam condimentum lobortis.
Hoe bly ek op hoogte van nuwe produkte, dienste en raad?
Sodra u betaal vir u bestelling, kyk uit vir “Bly op hoogte van nuus rakende die Oasis Winkel!” en maak seker u sit ‘n regmerkie daar.
Ons het ‘n volledige e-pos nuusdiens, wat u formeel by inteken, sodat ons seker maak waarvan wil u meer nuus hê. U kan ook te enige tyd uitteken.Â
Heel onder is daar ook skakels na ons sosiale media kanale.
Nog vrae? Stuur vir ons ‘n boodskap!
Vir enige ander vrae, stuur vir ons e-pos by admin@oasiswinkel.co.za.
Vir ‘n Whatsapp stemnota, boodskap of oproep : 076 67 47901.