Konkreet.

Innoverend.

Uniek.

Tuisprogram vir Graad 2 (volledig)

R1100,00R4400,00

Graad 2 – die tweede jaar in die grootskool.
Die fokus:

  • vaslê van leesvaardighede en

  • uitbrei van verdere wiskundige konsepte.

Ons bou dus verder aan die grondslag.

Op ons aanlyn leer-portaal is ‘n 5 minute video waar jy meer agtergrond kan kry. Skep jou gratis profiel en laat waai:

Kleuter Kliek Tuisprogram

Description

Graad 2 – die tweede jaar in die grootskool.
Die fokus:

  • vaslê van leesvaardighede en

  • uitbrei van verdere wiskundige konsepte.

Ons bou dus verder aan die grondslag.

Vir wie is die program?

  • Die graad 2 program fokus op ons mammas by die huis.
  • Dit is ook geskik vir klein groepies of vir ‘n ma met meer as 1 kind.
  • Alles word uitgedruk, gebind en via koerier versend.
  • Onthou dat hierdie program so saamgestel is dat daar steeds hier en daar groepwerk is.  Maar dit kan maklik met net 1 kind ook aangebied word.
  • Meeste ouers het meer as 1 kind of groepies werk saam in ‘n klein gemeenskap.

Die program is in lyn met die skole se graad 2 programme – maar voldoen nie net aan die minimum standaarde (soos meeste skole nie). Hierdie is ‘n verrykte program. Dit beteken dat ons na meer streef as net die minimum uitkomste en vaardighede.

Assessering

  • is informeel (deurlopend) deur die kwartaal en 1 formele assessering per vak aan die einde van die kwartaal
  • Die formele assesserings word gebruik saam met die informele assesserings in die rapport punt.
  • Die punt kan deur die ouer verwerk word en ingevul word, of
  • Oasis Klub kan dit verwerk (koste van R800.00/kwartaal). Al die assesserings word dan deurgestuur deur die kwartaal aan ons.

Tot wat moet ek toegang hê?

  • ‘n Adres waar ons jou pakkie kan laat aflewer.
  • Skryfbehoeftes
  • Vermoë om aanvullende apparaat te kan aankoop

Die program :

  • Ons program fokus op die KABV (CAPS) as fondasie.  Dít word gedoen sodat die kleuter  as ‘n holistiese persoon die nodige stimulasie en ontwikkeling ontvang op pad na die volgende jaar.
  • Ons fokus op perseptueel motoriese ontwikkeling wat die fondasie vorm van alle toekomstige formele leer.
  • Die program strek oor 40 weke en is temagerig.  Alhoewel ons die KABV temas gebruik volg ons dit nie tot die letter nie.  Die temas in KABV volg onlogies op mekaar en is bloot te karig om ‘n deeglike voorkennis vas te lê.

Hoe is dit beskikbaar :

  • Ons stuur alles as uitgedrukte gebinde bundels.  Dis is volkleur gedruk en geringbind.
  • Geen pdf’s beskikbaar nie.

Werksboeke

  • Huistaal (4 x jaar)
  • Eerste addisionele taal (EAT) – 4 per jaar
  • Leesboeke (1 per week) – voorgeskrewe DBE boeke
  • Spelling boeke (vir spelwoorde en diktee – 1 per kwartaal
  • Wiskunde (4 x per jaar)
  • Ekstra Wiskunde inoefening (4 x per jaar)

 

Elke week in die program :

  • ‘n Tema vir elke week – volledig uitgewerk en ingedeel by elke dag van die week.
  • Tema woorde en prente – uitgedruk en gebind in jou boek.  Haal dit uit en lamineer en knip uit.
  • ‘n Rympie – uniek en oorspronklik en geskryf deur ons.
  • ‘n Wiskundeles per dag.
  • ‘n Taalles per dag.
  • Eerste addisionele taal
  • Fokus op lewensvaardighede – kuns, musiek, beweging
  • Deurlopende assesserings om weekliks te voltooi

Hoekom die Oasis program :

  • Die Oasis program word geskryf en saamgestel deur gekwalifiseerde kundiges met jarelange ervaring in die bedryf.
  • Die Oasis program is lesbeplanning.  Ons sê nie net wat julle moet bereik nie, maar ook hoe!  Ons sê nie net tel tot by 10 nie, ons beskryf ‘n hele unieke les om aan te bied.
  • Die Oasis program word jaarliks hersien om die nuutste in internasionale navorsing te weespieël.
  • Die Oasis program se inhoud is altyd konkreet en gefokus op die kind.
  • Die kundiges by Oasis het ervaring met tuisonderrig en het self kinders tuis geleer tot op hoërskoolvlak.

Die Oasis standaard :

  • Alhoewel ons die CAPS (KABV)  gebruik as ons fondasie – is Oasis van mening dat ons nie slegs op hierdie minimum standaarde kan fokus nie.    Daarom maak ons seker dat ons ook in lyn met Britse sowel as Amerikaanse standaarde is.
  • Ons program is ‘n verrykte program.
  • Neem kennis dat ons steeds informeel en konkreet werk.  Ons gee geen van ons beginsels prys nie, juis nie!  Ons streef eerder na hoër standaarde as net die minimum.

Opvoedkundige beginsels : 

  • Ons is opgewonde oor die eeu oue opvoedkundige waardes, maar ook oor nuwe dinge en nuwe maniere!  Vir hierdie rede is ons didaktiek nie gebasseer op net 1 manier van dink nie.
  • Ons is opgewonde oor Piaget, Maria Montessori, Reggio Emilia Benadering,  Lev Vygitski.  Maar ook oor Dr Caroline Leaf, Prof Carla Hannaford en Prof David Gallahue.
  • Hierdie beginsels word nie net lukraak toegepas nie, maar aangepas om by ons unieke Suid-Afrikaanse omgewing in te pas.
  • Oasis is ‘n leefwyse!

Oasis se waardes :

  • Oasis handhaaf konserwatiewe waardes waar seksuele opvoeding aan die ouers van die kind oorgelaat word.
  • Oasis is ‘n familie besigheid wat Christelike waardes en norme nastreef.

Die Oasis belofte :

Die Oasis pogram belowe om leer weer lekker te maak.  Weg is die frustrasie van werkskaart op werkskaart.  Weg is die druk wat ons op ons kinders plaas.   By ons fokus ons op die kind en nie op die kurrikulum nie!

Betaling :

Die jaarlikse programfooi sluit alle studiegidse (die lesse wat julle gaan doen) in, al die werksboeke, formele assesserings, rapport en ‘n Graad 2 Boks.

Lewering :

Jaarliks betaald – ons stuur al julle materiaal tussen middel Desember en eerste week Januarie.

Kwartaalliks betaald

  • Ons stuur julle Graad 2 Boks, sowel as al Kwartaal 1 se materiaal, teen die eerste week van Januarie, mits betaling ontvang is.
  • Kwartaal 2 se materiaal stuur ons aan die einde van Kwartaal 1, mits betaling ontvang is.
  • Kwartaal 3 se materiaal stuur ons aan die einde van Kwartaal 2, mits betaling ontvang is.
  • Kwartaal 4 se materiaal stuur ons aan die einde van Kwartaal 3, mits betaling ontvang is.

 

Additional information

Weight 5 kg
Dimensions 50 × 30 × 20 cm
Taal

,

Tydperk verlang

Die hele jaar, Kwartaal 1, Kwartaal 2, Kwartaal 3, Kwartaal 4

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.