Lateraliteit in ‘n boks

R699,00

Hierdie boks (beskikbaar in Afrikaans OF Engels) fokus op lateraliteit. Lateraliteit is waarskynlik DIE belangrikste vaardigheid wat lees en skryf onderbou. Dis ook ‘n vaardigheid wat nie genoegsame aandag kry nie.

Description

Reis saam met ons na ‘n plek waar links en regs bekendes is. Waar bo en onder maklik onderskei word. Waar b en d nie omgedraai word nie. Waar ons kleuters kan balanseer. Waar ons kinders weet hoe om op lyne te skryf. Waar eenvoudige spelwoorde nie meer ‘n uitdaging is nie.


Die een goue draad wat al die bogenoemde onderbou is LATERALITEIT.
Hierdie boks fokus daarop.
Dis prettig, dis konkreet, dis informeel EN DIT WERK!!!

Hierdie boks is nie :

  • Werkskaarte nie
  • Huiswerk nie
  • Drilwerk nie
  • Afdwing-werk nie

Hierdie boks is wel :

  • Maklik verstaanbaar
  • Fokus op speletjies
  • Fokus op beweging
  • Fokus op deelname
  • Fokus op die KIND!

Wat kry jy alles in jou pakket?

In die fotos is ‘n lekker opsomming vir jou opgelaai. Maar loer ook na die fotos om ‘n visuele beeld te sien wat jy kan verwag. Onthou dat ons soms items moet vervang (die rooie is dalk pers, die veters is dalk langer ens.) – maar altyd op so ‘n manier dat die opvoedkundige integriteit nie ingekort word nie.

Additional information

Weight N/A

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.