Lekker Letters

R380,00R600,00

SKU: OP136 Category:

Description

 Die fondasie van lees lê in

  • die konkrete belewing van die geskrewe taal.

  • die ouditiewe belewing en herkenning van die letters (wat as klanke gehoor word).

  • die visuele belewing van elke vorm.

  • die suksesvolle samevoeging hiervan in konteks om woorde en later sinne te vorm.

Dis wanneer een van die bogenoemde stappe uitgelaat word wat die gate in die fondasie in leesvaardighede begin vorm.

Hierdie gate word ‘n gapende afgrond as dit nie aangespreek word nie.

Ons Lekker Letters is so saamgestel dat dit al die areas dek! 

  • Dis maklik om te gebruik met algemeen beskikbare apparaat wat benodig word.
  • Dit kan in die klas of tuis gebruik word.
  • Dis geskik vir die kleinspan, maar ook as remediërende hulpmiddel.

Die Lekker Letters word ongelukkig nie as uitdrukbaar, aflaaibaar of pdf’s beskikbaar gestel nie, maar as uitgedrukte volkleur bundel.   

Elke pakket sluit die volgende in :

  • Die hele alfabet  aa, ee, ie, oo, uu, eu, oe, ei, oei, ooi, aai, eeu
  • Elke letter (of kombinasies) bestaan uit
    • ‘n Lekker Letter onthou prent (soos Tessa tier)
    • ‘n Lekker Letter storie
    • ‘n Letter met prente om
    • ‘n Groot letter die hele bladsy vol en kleiner letter (sien die fotos wat as voorbeeld is vir meer duidelikheid)
  • Propvol pret aktiwiteite van maniere hoe ons die letter kan beleef

Die pakket sluit die volgende in :

  • ‘n Volkleur gedrukte bundel met al die letters
  • Gelamineerde Lekker Letter onthou prente (A5 grootte)
  • Gelamineerde letter met prente by (al die prente bevat die letter in die woord, meestal as beginklank)
  • 1 stel alfabetletters (stewige plastiek)

Let wel!  Die letters q, x, c en z is baie beperk in die Afrikaanse pakket.   

Dit is dus net 1 letter van elk a tot z.

As jy beide Afrikaans en Engels bestel, is daar wel afslag (en jy kry dan ook twee stelle alfabetletters).

Additional information

Weight 1,75 kg
Dimensions 42 × 32 × 6 cm
Taal

, ,

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.