Description
Graad 1 – Dis tyd vir leer lees en skryf, maar beweeg ook! Dit moet steeds pret wees, leer moet lekker wees!
Die fokus:
-
ontdekking van lees en leesvaardighede
- die wonder van skryf
-
getalbegrip, informele meetkunde en basiese wiskundige vaardighede
Ons bou dus verder aan die grondslag.
Vir wie is die program?
- Die Graad 1 program fokus op ons mammas by die huis.
- Dit is ook geskik vir klein groepies of vir ‘n ma met meer as 1 kind.
- Alles word uitgedruk, gebind en via koerier versend.
- Onthou dat hierdie program so saamgestel is dat daar steeds hier en daar groepwerk is. Dit kan egter maklik met net 1 kind ook aangebied word.
- Meeste ouers het meer as 1 kind of groepies werk saam in ‘n klein gemeenskap.
Die program is in lyn met die skole se Graad 1 programme – maar voldoen nie net aan die minimum standaarde (soos meeste skole nie). Hierdie is ‘n verrykte program. Dit beteken dat ons na meer streef as net die minimum uitkomste en vaardighede.
Assessering
- is informeel (deurlopend) deur die kwartaal en 1 formele assessering per vak aan die einde van die kwartaal
- Die formele assesserings word gebruik saam met die informele assesserings in die rapport punt.
- Die punt kan deur die ouer verwerk word en ingevul word, of
- Oasis Klub kan dit verwerk (koste van R800.00/kwartaal). Al die assesserings word dan deurgestuur deur die kwartaal aan ons.
Tot wat moet ek toegang hê?
- ‘n Adres waar ons jou pakkie kan laat aflewer.
- Skryfbehoeftes
- Vermoë om aanvullende apparaat te kan aankoop
Die program :
- Ons program fokus op die KABV (CAPS) as fondasie. Dít word gedoen sodat die kind as ‘n holistiese persoon die nodige stimulasie en ontwikkeling ontvang op pad na die volgende jaar.
- Ons fokus op perseptueel motoriese ontwikkeling wat die fondasie vorm van alle toekomstige formele leer.
- Sterk klem word gelê op taalontwikkeling en uitbreiding.
- Die program strek oor 40 weke en is temagerig. Alhoewel ons die KABV temas gebruik volg ons dit nie tot die letter nie. Die temas in KABV volg onlogies op mekaar en is bloot te karig om ‘n deeglike voorkennis vas te lê.
- Alhoewel ons KABV as die fondasie gebruik word – het ons die Britse standaarde bygewerk om ‘n holistiese program op internasionale standaard te skep.
Ons benadering tot lees en skryf :
- Ons fokus op foneme en klank kombinasies.
- Ons fokus op taaluitbreiding en die taal wat in alledaagse handel en wandel gebruik word.
- Ons fokus ook op sigwoorde en die herkenning van heelwoorde.
- Skrif word konkreet aangeleer as enkel letters en dan word kombinasies gevorm wat lei tot woorde.
- Ons wil ouers deurgaans aanmoedig om baie vir hulle kinders voor te lees.
Oasis se waardes :
- Oasis handhaaf konserwatiewe waardes waar seksuele opvoeding aan die ouers van die kind oorgelaat word.
- Oasis is ‘n familie besigheid wat Christelike waardes en norme nastreef.
Hoe is dit beskikbaar :
- Ons stuur alles as uitgedrukte gebinde bundels. Dis is volkleur gedruk en geringbind.
- Geen pdf’s beskikbaar nie.
Werksboeke
Elke kwartaal sluit die volgende werksboeke in :
- Wiskunde werksboek
- Wiskunde ekstra oefenboek
- Huistaal
- Letterboek (skrifboek)
- Leeskaarte en stories
Elke week in die program :
- Uitgewerkte tema per week
- Rympie per week
- Temawoorde en prente per week
- Wiskundeles per dag
- Groot spier ontwikkeling
- Huistaalles per dag
- Eerste addisionele taallesse
- Kreatiewe ontwikkeling
- Storietyd idees
- Bybelstorie per tema
- Deurlopende perseptuele ontwikkeling
- Weeklikse assessering
- ‘n Klank ‘n week – fokus op enkel klanke sowel as klank kombinasies
Hoekom die Oasis program :
- Die Oasis program word geskryf en saamgestel deur gekwalifiseerde kundiges met jarelange ervaring in die bedryf.
- Die Oasis program is lesbeplanning. Ons sê nie net wat julle moet bereik nie, maar ook hoe! Ons sê nie net tel tot by 10 nie, ons beskryf ‘n hele unieke les om aan te bied.
- Die Oasis program word jaarliks hersien om die nuutste in internasionale navorsing te weespieël.
- Die Oasis program se inhoud is altyd konkreet en gefokus op die kind.
- Die kundiges by Oasis het ervaring met tuisonderrig en het self kinders tuis geleer tot op hoërskoolvlak.
Die Oasis standaard :
- Alhoewel ons die CAPS (KABV) gebruik as ons fondasie – is Oasis van mening dat ons nie slegs op hierdie minimum standaarde kan fokus nie. Daarom maak ons seker dat ons ook in lyn met Britse sowel as Amerikaanse standaarde is.
- Ons program is ‘n verrykte program.
- Neem kennis dat ons steeds informeel en konkreet werk. Ons gee geen van ons beginsels prys nie, juis nie! Ons streef eerder na hoër standaarde as net die minimum.
Opvoedkundige beginsels :
- Ons is opgewonde oor die eeu oue opvoedkundige waardes, maar ook oor nuwe dinge en nuwe maniere! Vir hierdie rede is ons didaktiek nie gebasseer op net 1 manier van dink nie.
- Ons is opgewonde oor Piaget, Maria Montessori, Reggio Emilia Benadering, Lev Vygitski. Maar ook oor Dr Caroline Leaf, Prof Carla Hannaford en Prof David Gallahue.
- Hierdie beginsels word nie net lukraak toegepas nie, maar aangepas om by ons unieke Suid-Afrikaanse omgewing in te pas.
- Oasis is ‘n leefwyse!
Die Oasis belofte :
Die Oasis pogram belowe om leer weer lekker te maak. Weg is die frustrasie van werkskaart op werkskaart. Weg is die druk wat ons op ons kinders plaas. By ons fokus ons op die kind en nie op die kurrikulum nie!
Betaling :
Die jaarlikse programfooi sluit alle studiegidse (die lesse wat julle gaan doen) in, al die werksboeke, formele assesserings, rapport en ‘n Graad 1 Boks.
Lewering :
Jaarliks betaald – ons stuur al julle materiaal so spoedig moontlik na betaling. (Maak kontak met ons om dit te bevestig.)
Kwartaalliks betaald
- Ons stuur julle Graad 1 Boks, sowel as al Kwartaal 1 se materiaal, teen die eerste week van Januarie, mits betaling ontvang is.
- Kwartaal 2 se materiaal stuur ons aan die einde van Kwartaal 1, mits betaling ontvang is.
- Kwartaal 3 se materiaal stuur ons aan die einde van Kwartaal 2, mits betaling ontvang is.
- Kwartaal 4 se materiaal stuur ons aan die einde van Kwartaal 3, mits betaling ontvang is.
Reviews
There are no reviews yet.