Description
By Oasis Club glo ons in konkreet leer. Ons fokus op inhoud wat by elke kind pas en wat op die kind fokus en nie op die kurrikulum nie. Maar ons besef ook dat werksboeke deel van die leerproses is.
So hier is ons werksboeke.
Maar eers moet ons gesels oor wat jy gaan kry :
- Ons werksboeke word fisies gestuur (geen pdf’s beskikbaar nie).
- Ons druk uit in volkleur en ringbind.
- Ons laat geen fotokopieë toe nie. Werksboeke word per kind aangekoop.
- Maak asb seker dat julle die Oasis Kurrikulum volg saam met die werksboeke. Ons werksboeke is ondersteunend tot ons program. Dis nie ‘n losstaande program nie. Selfs ons grondslagfase program (graad 1 tot 3) berus op konkrete fondasie aktiwiteite.
- Skole wat meer as 10 werksboeke per ouderdom bestel kan hulle eie logo voor op die boek laat aanbring.
Ouderdomme :
Ons werksboeke word opgedeel in die volgende ouderdomme.
- Spogboeke vir peuters 1 tot 2 jaar
- Spogboeke vir peuters 2 tot 3 jaar
- Pretboeke vir kleuters 3 tot 4 jaar
- Pretboeke vir graad RR
- Werksboeke vir Graad R
- Werksboeke vir Graad 1
- Werksboeke vir Graad 2
- Werksboeke vir Graad 3
Wat kry jy vir elke ouderdom? :
Spogboeke en pretboeke :
4 boeke per jaar. Een boek per kwartaal.
Graad R :
1 werksboek per kwartaal
1 letterboek wat fokus op foneme en klanke en saam met ons letterprogram loop
1 robotika werksboek wat deur die jaar aangewend word
Graad 1 tot 3 :
Spelboek (1 per kwartaal)
Leesboekies
Huistaal (1 per kwartaal)
Wiskunde boek (1 per kwartaal)
EAT (werksboeke slegs in graad 3)
Lewensvaardighede (1 boek per kwartaal)
Skrifboeke (graad 1 en 2)
Foneme en klankeboek (graad 1)
Dubbelklanke en digtonge boek (graad 2)
Gaan loer gerus hier vir voorbeelde : https://juffrou.info/course/oasis-kurrikulum/
Reviews
There are no reviews yet.