Assesseringspakket

R280,00R450,00

Wil jy graag die Oasis program se deurlopende assesserings en rapporte gebruik? Dan is hierdie handige boekies vir jou.

Description

Die assesseringspakket fokus op die uitkomste soos vervat in die ELDAS (NCF) en die KABV (CAPS). Ons maak egter van eksterne bronne gebruik om hierdie uitkomste aan te vul sodat die kind as holistiese mens gesien word.

Elke pakket sluit die volgende in :

  • Opgesomde jaarlikse uitkomstelys
  • Deurlopende assessering (weekliks of elke twee weke)
  • Rapporte (1 per kwartaal)
  • Basislyn assessering (waar van toepassing)
  • Die proses van assessering (waar van toepassing)

Ons wil juis personeel aanmoedig om ons assesserings slegs as ‘n riglyn te gebruik in hulle klas en self eienaarskap te neem van hoe die kinders in hulle klaskamer vorder.

Ouderomme beskikbaar :

  • Babas (geboorte tot 2 jaar)
  • Peuters (2 tot 3 jaar)
  • Kleuters (3 tot 4 jaar)
  • Graad RR (4 tot 5 jaar)
  • Graad R (5 tot 6 jaar)
  • Graad 1

Hierdie assesserings is bedoel om saam met die Oasis Kurrikulum gebruik te word, maar kan as losstaande pakket in jou klaskamer ingespan word. Dan moet die opvoeder of ouer bereid wees om aan te pas waar nodig.

Additional information

Weight N/A
Dimensions N/A
Kies jou ouderdomme

Babas geboorte tot 2 jaar, Graad 1, Graad R, Graad RR, Kleuters 3 tot 4 jaar, Peuters 2 tot 3 jaar

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.