Description
Hierdie pakket bestaan uit volledige opleiding, asook ‘n Middagsorg program.
-
Wou jy nog altyd jou skool inkomste aanvul sonder om skoolgeld op te stoot?
-
Wil jy graag self die Middagsorg program aanbied en nie op ander instansies daarvoor staatmaak nie?
-
Voel jy dat middagsorg nie net kosgee en besighou is nie?
Ons wil graag help.
Die opleiding is op ons aanlyn onderrigportaal (juffrou.info) beskikbaar.
In die opleiding hanteer ons
- Hoe moet jou middagprogram lyk?
- Wie hanteer dit?
- Hoe word dit aangebied?
- Wat behels dit?
Hierdie opleiding sal vir die hele jaar beskikbaar wees en is vooraf opgeneem.
Dit beteken dat jy voorbereid is vir
- die instaan jufffrou by middagsorg wat opgelei moet word as haar kollega op verlof is
- jou middagsorg klassie wat groei en jy moet ekstra personeel aanstel en oplei
- die standaarde wat so bietjie sak – skerp vinnig weer jou mense op!
Die opleiding word deur Sophie Breytenbach aangebied.
Die program
- het genoeg aktiwiteite wat aansluit by die tema
- fokus op sensoriese spel, motoriese spel, konstruksie en buitespel
- is maklik verstaanbaar vir onderwysers en assistente
- is geskik vir ouderdomme 2 tot 6 jaar
Nota : Die opleiding is slegs in Afrikaans beskikbaar!
Die program is egter in Engels of Afrikaans beskikbaar.
Die program word uitgedruk in volkleur, gebind en per koerier afgelewer.
Ons stel geen pdf’s beskikbaar nie.
Geen kopieƫ toegelaat nie.
Reviews
There are no reviews yet.