Description
Graad R is die eerste skoolpligtige jaar, maar die aanbieding hiervan moet steeds informeel en deur speel wees.
Vir wie is die program?
- Die graad R program fokus op ons mammas by die huis.
- Dit is ook geskik vir klein groepies of vir ‘n ma met meer as 1 kind.
- Alles word uitgedruk, gebind en via koerier versend.
- Onthou dat hierdie program so saamgestel is dat daar steeds hier en daar groepwerk is. Maar dit kan maklik met net 1 kind ook aangebied word.
- Meeste ouers het meer as 1 kind of groepies werk saam in ‘n klein gemeenskap.
Die program is in lyn met die skole se graad R programme – maar voldoen nie net aan die minimum standaarde (soos meeste skole nie). Hierdie is ‘n verrykte program. Dit beteken dat ons na meer streef as net die minimum uitkomste en vaardighede.
Tot wat moet ek toegang hê?
- ‘n Adres waar ons jou pakkie kan laat aflewer.
- Skryfbehoeftes
- Vermoë om aanvullende apparaat te kan aankoop
Die program :
- Ons program fokus op die KABV (CAPS) as fondasie. Dít word gedoen sodat die kleuter as ‘n holistiese persoon die nodige stimulasie en ontwikkeling ontvang op pad na die volgende jaar.
- Ons fokus op perseptueel motoriese ontwikkeling wat die fondasie vorm van alle toekomstige formele leer.
- Die program strek oor 40 weke en is temagerig. Alhoewel ons die KABV temas gebruik volg ons dit nie tot die letter nie. Die temas in KABV volg onlogies op mekaar en is bloot te karig om ‘n deeglike voorkennis vas te lê.
Hoe is dit beskikbaar :
- Ons stuur alles as uitgedrukte gebinde bundels. Dis is volkleur gedruk en geringbind.
- Geen pdf’s beskikbaar nie.
My pretboek :
- Ons program sluit ‘n werksboek in. LET WEL julle het geen werksboeke nodig saam met ons program nie. Maar ons weet dat ouers vra vir werksboeke. Moet asb nie ander verskaffers se werksboeke kombineer met ons program nie.
- Die werksboeke in ons program fokus op pret! Alhoewel dit op papier is, word dit steeds informeel aangebied.
- Die rapporte word in die boekie ingebind.
- Die hele werksboek dien as die portefeulje.
Elke week in die program :
- ‘n Tema vir elke week – volledig uitgewerk en ingedeel by elke dag van die week.
- Tema woorde en prente – uitgedruk en gebind in jou boek. Haal dit uit en lamineer en knip uit.
- ‘n Rympie – uniek en oorspronklik en geskryf deur ons.
- ‘n Wiskundeles per dag.
- ‘n Taalles per dag.
- Fokus op lewensvaardighede – kuns, musiek, beweging
- Deurlopende assesserings om weekliks te voltooi
Hoekom die Oasis program :
- Die Oasis program word geskryf en saamgestel deur gekwalifiseerde kundiges met jarelange ervaring in die bedryf.
- Die Oasis program is lesbeplanning. Ons sê nie net wat julle moet bereik nie, maar ook hoe! Ons sê nie net tel tot by 10 nie, ons beskryf ‘n hele unieke les om aan te bied.
- Die Oasis program word jaarliks hersien om die nuutste in internasionale navorsing te weespieël.
- Die Oasis program se inhoud is altyd konkreet en gefokus op die kind.
- Die kundiges by Oasis het ervaring met tuisonderrig en het self kinders tuis geleer tot op hoërskoolvlak.
Die Oasis standaard :
- Alhoewel ons die CAPS (KABV) gebruik as ons fondasie – is Oasis van mening dat ons nie slegs op hierdie minimum standaarde kan fokus nie. Daarom maak ons seker dat ons ook in lyn met Britse sowel as Amerikaanse standaarde is.
- Ons program is ‘n verrykte program.
- Neem kennis dat ons steeds informeel en konkreet werk. Ons gee geen van ons beginsels prys nie, juis nie! Ons streef eerder na hoër standaarde as net die minimum.
Opvoedkundige beginsels :
- Ons is opgewonde oor die eeu oue opvoedkundige waardes, maar ook oor nuwe dinge en nuwe maniere! Vir hierdie rede is ons didaktiek nie gebasseer op net 1 manier van dink nie.
- Ons is opgewonde oor Piaget, Maria Montessori, Reggio Emilia Benadering, Lev Vygitski. Maar ook oor Dr Caroline Leaf, Prof Carla Hannaford en Prof David Gallahue.
- Hierdie beginsels word nie net lukraak toegepas nie, maar aangepas om by ons unieke Suid-Afrikaanse omgewing in te pas.
- Oasis is ‘n leefwyse!
Die Oasis belofte :
Die Oasis pogram belowe om leer weer lekker te maak. Weg is die frustrasie van werkskaart op werkskaart. Weg is die druk wat ons op ons kinders plaas. By ons fokus ons op die kind en nie op die kurrikulum nie!
Kwartaallikse aankope :
Indien die program kwartaaliks gekoop word vergesel die volgende ekstras die program elke kwartaal :
Kwartaal 1 : Graad R in ‘n boks (boks vol apparaat en lesse. Hierdie apparaat en lesse fokus op assessering)
Kwartaal 2 : Tema pakket (gelamineerde temawoorde en prente vir die hele jaar)
Kwartaal 3 : Speletjie bokse (visuele persepsie, taal speletjies, wiskunde speletjies en kleispeel kaarte)
Kwartaal 4 : Muurkaart pakket (gelamineerde pakket vir die mure en om in lesse te gebruik)
Al die bogenoemde is onmiddelik ingesluit indien jaarliks vooruit aangekoop word.
Reviews
There are no reviews yet.