Description
Skaf nou ons Baba Program aan vir 2025.
- ELDAS as fondasie
- EYFS “statutory framework” belyn (Britse kurrikulum standaarde)
- 40 weke
- 1 basislyn assessering
- 2 informele rapportering
- 1 finale verslag
Hoekom die Oasis Program?
Gekwalifiseerde kundiges betrokke by die opstel van die program. Inhoud word jaarliks bygewerk
Volledige lesse en nie net opgesomde mylpale of verwagtinge nie. Inhoud is altyd konkreet en ouderdomsgepas.
Laai die volledige brosjure hier onder af:
Baba program geboorte tot 12 maande (brosjure)
Hierdie video vertel jou meer :
Wil jy graag ‘n voorbeeld sien :
Ons het wonderlike voorbeelde vir jou beskikbaar hier. Kliek HIER.
Bepalings en voorwaardes :
- Betaling en lewering: ·
- Daar sal geen versendings gedoen word voordat betaling ten volle ontvang is nie. ·
- Vandat ons u volle betaling ontvang het, totdat ons versend, neem tot 10 werksdae. ·
- Ons begin al die betaalde kurrikulum bestellings verpak op 15 November 2024 en versend soos met u gereël. ·
- As u betaling en/of logo (indien u daarvoor kwalifiseer) ons eers na 1 Desember 2024 bereik, versend ons eers na u op 4 Januarie 2025. ·
- Koerier koste is nie ingesluit nie en sal dus verskil van skool tot skool.
- Ons is nog nie vir BTW geregistreer nie, maar dit kan op kort kennisgewing gebeur.
- Notas rondom werksboeke: ·
- Werksboeke word nie alleen verskaf nie, maar slegs saam met die kurrikulum vir daardie ouderdomsgroep/Graad. ·
- Minimum bestel hoeveelheid vir werksboeke: 5 per ouderdomsgroep/Graad.
- Terugbetalings, kopiereg: ·
- Ons kan ongelukkig nie geld teruggee na jou pakkie versend is nie aangesien al die materiaal gedruk, gebind en per koerier versend word.
- Maak dus seker u werk deur ons gratis voorbeelde.
- U kurrikulum word uitgestuur met u logo op die voorblaaie, mits u minstens drie ouderdomsgroepe bestel (bv. Babas, Peuters en Kleuters).
- Stuur dus u logo vir ons per e-pos in goeie gehalte jpeg of png formaat (nie pdf nie) teen die tyd wat u volle betaling maak.
- Ons onderneem om u logo net te gebruik soos vermeld hier bo.
- Daar is kopiereg op alle materiaal – ons behou die reg voor om u nie verder te verskaf as u ongemagtigde kopieë van ons materiaal maak, of op ongemagtigde wyse gebruik maak van ons logo.
- Ons verskaf dus ook geen kurrikulum materiaal in (bv.) PDF formaat nie – alle materiaal word gebind en as harde kopie gestuur.
Reviews
There are no reviews yet.